top of page
Book 2-tugela cover-AFR.jpg

Wanner Moeilikheid Opdaag - Tugela Rivier Romanse - Boek 2

Sy is volwasse. Sy is vrek mooi. En sy is moeilikheid met 'n hoofletter M!

Wildbewaarder en avonturier, Andrew Meyer, verkies maklik: 'n Maklike lewe, 'n maklike beroep, 'n maklike alles. Totdat sy beste vriendin van skooldae, Indië Mallen, opdaag by sy familie se Berg vakansie-oord. Met haar hiper-problematiese gesinsituasie, hardloop Andrew letterlik vir die bergspitse. Nie eens die perfekte stilte van die bergreeks slaag daarin om sy bonsende hart stil te maak by die gedagte aan haar nie.

Indië was altyd die witbroodjie uit haar chaotiese en onvoorspelbare gesin. Maar ongeag hoe ver sy vlug, die gevolge van hulle optrede blyk haar ewig in te haal. Nog meer so noudat sy 'n suksesvolle musikant is wat Britse Ponde verdien.

Wanneer die veeleisende behoeftes van haar gebroke gesin meer van haar verg as ooit, sal Indië bereid wees om haar toenemende liefde wat sy vir haar ou skoolvriend koester op te offer? Of sal Meneer Maklik wel opstaan en die man wees wat haar help om deur die storm te navigeer?

'n Lighartige vriend-tot-ewige-liefde Christelike romanse met 'n titseltjie van die onvoorsiene! Die verhaal speel af in Suid-Afrika se asemrowende Drakensberg-bergreeks. Neem kennis dat hierdie boek twee van die Tugela Rivier Romanse reeks is, en behoort gelees te word in opvolg van boek een, Wanneer Duisternis Daal.

bottom of page