top of page
Book 1-tugela cover -AFR2.jpg

Wanner Duisternis Daal - Tugela Rivier Romanse - Boek 1

'n Vernietigende verlies, 'n gebroke huwelik, en 'n God wat nooit laat los nie...

Luke Meyer glo nie meer in die goedheid van God nie. Nie ná die onverwagte skok wat hom en sy jeugliefde uitmekaar gedryf het nie. Nou, gewy aan die lewe van 'n paramedici in die bedrywige kusdorp Durban, voel sy voormalige huis in die Drakensberge 'n miljoen kilometres ver.

Vanessa Meyer het haar 'n ander lewe voorgestel as die een wat sy nou lei - 'n lewe met 'n liefdevolle man en 'n huis vol kinders. Tog bly sy dankbaar vir die dogter wat sy wel het en ’n heenkome in die berge, al is dit sonder die man wat sy eens so liefgehad het.

Wanneer siekte in die familie die seer paar weer bymekaar dwing na soveel jare weg van mekaar, sal die herinneringe en geheime wat weer opduik net pyn bring, of sal die eks-verliefdes genesing vind, nie net vir hul huwelik nie, maar ook vir hul harte?

'n Sagte verhaal van 'n tweede kans op liefde, onverwagse seën en 'n nuwe begin. Wanneer Duisternis Daal is boek een van drie in die Tugela Rivier Romanse-reeks - 'n Christelike romantiese spanningsreeks wat in Suid-Afrika afspeel. Terwyl elke boek sy eie stel hoofkarakters het, is daar 'n oorkoepelende spanningsverloop wat eers aan die einde van boek drie opgelos sal word. Hierdie reeks moet dus in volgorde gelees word.

bottom of page